Deuteronomy 4:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hy het aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te volbring, naamlik tien gebooie; en hy het dit op twee kliptafels geskrywe.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het sy verbond, die Tien Gebooie wat julle moet nakom, afgekondig en dit op twee kliptafels geskryf.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe.
Afrikaans 1983 Die Here het julle die bepalings van sy verbond meegedeel en julle beveel om hulle te gehoorsaam: die tien gebooie wat Hy op die twee plat klippe geskryf het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het aan julle sy verbond bekend gemaak, naamlik die Tien Gebooie, waarvolgens julle moet leef, soos Hy beveel het. Hy het dit ook op twee kliptafels gegraveer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir julle gesê wat sy verbond is, Hy het gesê wat Hy wil hê julle moet doen. Dit was die tien gebooie, en Hy het dit geskryf op twee plat klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het julle vertel hoe sy eie volk Hom altyd lief moet hê. Daarom het Hy hierdie tien voorskrifte vir julle op twee klippe geskryf.