Deuteronomy 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het met julle gespreek uit die vuur uit: julle het die stem van die woorde gehoor, maar geen gelykenis gesien nie; net julle het 'n stem gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het met julle vanuit die vuur gepraat. Julle het sy woorde gehoor, maar Hom nie gesien nie; daar was net ’n stem.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie -- net 'n stem was daar.
Afrikaans 1983 Toe het die Here uit die vuur uit met julle gepraat. Julle het woorde gehoor maar niemand gesien nie. Daar was net 'n stem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het met julle uit die vuur gepraat. Julle het die geluid van woorde gehoor, maar julle kon geen sigbare gestalte sien nie. Daar was net die stem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het die Here uit die vuur gepraat met julle. Julle het woorde gehoor, maar julle het niemand gesien nie, julle het net 'n stem gehoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En julle moet ook vertel hoe die Here in die vuur met julle gepraat het. Julle het mos net ’n stem gehoor, maar niemand gesien nie.