Deuteronomy 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het nader gekom en onder die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en donkerheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het nadergekom en aan die voet van die berg gestaan, terwyl die berg in vlamme gehul was. Die vlamme het die lug in geskiet en die donker wolke het alles stikdonker gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid. |
| Afrikaans 1983 | “Julle het toe nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan. Die berg het gebrand, die vuur was tot in die hemel, en daar was 'n rookwolk wat dit stikdonker gemaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Julle het toe nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan terwyl die berg, gehul in donkerte, wolke en diepe duisternis, hemelhoog gebrand het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle het nader gekom en by die berg gestaan. Die berg het gebrand tot binne-in die hemel, en daar was 'n dik, donker wolk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vertel hulle hoe julle nader aan die berg se voet geskuifel het en hoe die berg daardie dag só gebrand het dat alles rondom julle pikdonker was van die borrelende rookwolke. |