Deuteronomy 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Veral die dag toe jy voor die aangesig van die HERE jou God op Horeb gestaan het, toe die HERE vir my gesê het: Versamel vir My die volk, en Ek sal hulle na my woorde laat hoor, sodat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle sal lewe op die aarde, en dat hulle hulle kinders kan leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vertel hulle veral van die dag toe julle by Sinai in die teenwoordigheid van die Here julle God was. Daar het Hy vir my gesê: ‘Bring die volk bymekaar sodat Ek hulle kan onderrig. Op dié manier sal hulle leer om eerbied vir My te hê so lank as wat hulle lewe. Hulle sal ook my wette aan hulle kinders leer.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | die dag dat jy voor die aangesig van die HERE jou God by Horeb gestaan het, toe die HERE aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet hulle van dié dag laat leer toe julle by Horebberg gestaan het in die teenwoordigheid van die Here julle God, van dié dag toe Hy vir my gesê het: ‘Maak die volk vir My bymekaar dat Ek hulle my gebooie wat hulle moet ken, kan meedeel sodat hulle My kan dien so lank hulle in hierdie land lewe en sodat hulle my gebooie vir hulle kinders kan leer.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van die dag toe julle by Horeb in die teenwoordigheid van die Here julle God gestaan het en die Here vir my gesê het, ‘Maak vir My die volk bymekaar. Ek wil hulle my woorde laat hoor. Hulle moet dit leer, sodat hulle, solank as wat hulle op die aarde leef, vir My ontsag kan hê. Hulle moet dit ook vir hulle kinders leer.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | van die dag toe julle by Horeb-berg voor julle God die Here gestaan het. Dit was die dag toe die Here vir my gesê het: ‘Maak die volk bymekaar. Ek wil vir hulle die dinge sê wat hulle moet leer sodat hulle My kan dien so lank soos hulle lewe op die aarde. En hulle moet dit ook vir hulle kinders leer.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet hulle van daardie dag by Horeb vertel toe die Here baie naby aan julle gekom het. Dié dag toe die Here vir my gesê het: ‘Laat almal bymekaarkom. Ek wil hulle my wil leer sodat hulle My lewenslank sal liefhê en ook vir hulle kinders van My sal vertel.’ |