Deuteronomy 4:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Luister dan nou, Israel, na die insettinge en na die verordeninge wat ek julle leer, om dit te doen, dat julle kan lewe en ingaan en die land in besit neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nou, Israeliete, luister noukeurig na hierdie reëls en regulasies wat ek julle nou gaan leer. Wees hieraan gehoorsaam sodat julle kan lewe en die land wat die Here die God van julle voorouers aan julle gegee het, kan binnegaan en dit in besit neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem. |
| Afrikaans 1983 | “Israeliete, julle moet luister na die voorskrifte en die bepalings waarin ek julle onderrig. Julle moet daarvolgens lewe, dan sal julle bly lewe en die land binnegaan en in besit neem wat die Here die God van julle voorvaders vir julle sal gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Israel, luister dan nou na die vaste voorskrifte en beslissings wat ek julle gaan leer. Voer dit uit sodat julle kan leef en in die land ingaan wat die Here, die God van julle voorouers, vir julle gee om in besit te neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het gesê: “Israeliete, julle moet nou gehoorsaam wees aan die dinge wat ek vir julle leer. As julle dit doen, dan sal julle aanhou lewe. Julle sal kom en die land vat wat die Here, die God van julle voorvaders, vir julle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel, luister na al die wette en voorskrifte wat ek julle leer. As julle dit alles doen, sal julle bly leef en die land inneem wat die Here lank terug al aan julle voorvaders beloof het. |