Deuteronomy 34:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua, die seun van Nun, was vol van die gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê; en die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua, die seun van Nun, was gevul met wysheid, want Moses het sy hande op hom gelê. Die volk Israel het na hom geluister en het alles gedoen net soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 1933/1953 En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Josua seun van Nun het oor wysheid beskik, want Moses het sy hande op Josua gelê. Die Israeliete het hom gehoorsaam en hulle het gedoen wat die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua, die seun van Nun, was vervul met 'n gees van wysheid, omdat Moses sy hande op hom gelê het. Die Israeliete het na hom geluister, soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua seun van Nun het baie wysheid gehad, want voordat Moses gesterf het, het hy sy hande op Josua gesit en hy het Josua die leier gemaak. Die Israeliete het geluister na Josua en hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua die seun van Nun was hulle nuwe leier. Hy was ’n slim man, want Moses het hom geleer wat om te doen. Die volk Israel het alles gedoen wat hy hulle beveel het. Hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het om vir hulle te sê.