Deuteronomy 34:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel het vir Moses geween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank; so was die dae van geween en rou oor Moses verby. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volk Israel het in die vlakte van Moab vir 30 dae oor Moses gerou totdat die gebruiklike tyd van rou verby was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete het dertig dae oor Moses gerou in die Moabsvlakte en so die routyd oor Moses voltooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete het in die vlaktes van Moab dertig dae lank oor Moses getreur – tot die routyd oor Moses verby was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het 30 dae lank oor Moses gerou in die Jordaan-vallei in die land Moab. Hulle het die hele tyd lank gerou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier. Hulle het 30 dae lank niks anders gedoen nie. Hulle het net oor Moses gehuil, daar op die vlakte van Moab. Daarna het hulle verder getrek. |