Deuteronomy 34:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses was honderd en twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie dof nie, en sy natuurlike krag het nie afgeneem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses was 120 jaar oud toe hy dood is sonder dat sy oë verswak geraak het of sy krag min geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses was honderd en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Moses was honderd en twintig jaar toe hy gesterf het; sy oë was toe nog goed en sy krag het nog nie ingegee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë het nie verswak en sy kragte nie afgeneem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses was 120 jaar oud toe hy gesterf het. Sy oë was nog goed en hy was nog sterk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het die hoë ouderdom van 120 bereik. Hy was nog sterk en gesond. Sy oë het nog nie eens ingegee nie. En hy het nog niks makeer nie. |