Deuteronomy 34:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir hom: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het deur te sê: Ek sal dit aan jou nageslag gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy mag nie gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het toe Ek vir hulle gesê het dat Ek dit aan hulle nageslag sou gee. Ek het jou toegelaat om dit te sien, maar jy mag nie die land binnegaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.
Afrikaans 1983 Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham en Isak en Jakob. Ek het gesê: ‘Ek gee dit aan jou nageslag.’ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen deurtrek nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir hom gesê: “Dit is die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob toe Ek gesê het, ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar daarheen sal jy nie oorgaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het toe Ek vir Abraham, Isak en Jakob gesê het dat Ek dit vir hulle nageslag sal gee. Ek het nou die land ook vir jou gewys, maar jy sal nie in daardie land ingaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek belowe het om vir Israel te gee. Ek het al vir julle oupagrootjies, vir Abraham en Isak en Jakob, belowe dat ek hierdie land vir julle sal gee. Ek het vir hulle gesê: Ek gee hierdie land vir julle kleinkinders en agterkleinkinders. Ek het nou toegelaat dat jy die land met jou oë kan sien. Maar jy mag nie in die land ingaan nie.”