Deuteronomy 34:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in al daardie magtige hand en in al die groot verskrikking wat Moses voor die oë van die hele Israel getoon het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was deur Moses wat die Here sy magtige en skrikwekkende dade voor die oë van die hele Israel gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.
Afrikaans 1983 Moses het al die magtige dade, al die groot dade wat vrees inboesem, voor die oë van die hele Israel gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ja, die hele magsvertoon en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses was baie sterk. Niemand anders was so sterk nie en niemand het mense so bang laat word soos Moses nie. Al die Israeliete het dit gesien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, Moses het al die groot en wonderlike dinge gedoen wat die Here vir Israel wou wys. Die Here het vir Israel gewys wie Hy is en hoe sterk Hy is. En Hy het Moses gebruik om dit te doen.