Deuteronomy 34:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In al die tekens en wonders wat die HERE hom gestuur het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land te doen,
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het Moses gestuur om al die tekens en wonders in Egipte voor die farao, sy dienaars en die hele land te doen.
Afrikaans 1933/1953 wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,
Afrikaans 1983 Die Here het hom gestuur om in Egipte al die tekens en wonders vir die farao en sy amptenare en sy hele land te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat hy al die tekens van mag en wonders waarvoor die Here hom gestuur het, kon doen in Egipteland aan die farao, aan al sy dienaars en die hele land –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Niemand anders kon al die tekens en wonderwerke doen wat Moses gedoen het nie. Die farao en sy amptenare en sy hele land het dit gesien toe die Here vir Moses na die land Egipte gestuur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het hom gestuur om Israel uit Egipte te gaan red. Moses het al die wonderlike dinge gedoen wat die Here vir die farao, die koning van Egipte, en al die mense van Egipte wou wys.