Deuteronomy 34:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het van die vlaktes van Moab opgetrek na die berg Nebo, na die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê. En die HERE het hom die hele land Gílead aan Dan gewys,
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe van die vlaktes van Moab teen Neboberg uitgeklim, na die punt van Pisgaberg toe, regoor Jerigo. Die Here het hom die land van Gilead tot by Dan laat sien,
Afrikaans 1933/1953 Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor J,rigo lê; en die HERE het hom die hele land, G¡lead tot Dan toe, laat sien;
Afrikaans 1983 Moses het uit die Moabsvlakte opgeklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys: van Gilead af tot by Dan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het uit die vlaktes van Moab teen die berg Nebo uitgeklim, na die kruin van Pisga wat teenoor Jerigo lê. Die Here het hom die hele land, van Gilead tot by Dan, gewys,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het uit die Jordaan-vallei in die land Moab gegaan. Hy het opgegaan na Nebo-berg, na die boonste punt van Pisga-berg, oorkant die stad Jerigo. Die Here het vir Moses die hele land gewys: die land Gilead tot by die stad Dan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe van die vlaktes van Moab af na die Neboberg toe geloop. Hy het tot op die top van die Pisgaberg geklim. Die berg is reg oorkant Jerigo, maar aan die ander kant van die Jordaan. Daar het die Here vir hom die hele land gewys, die land wat Israel sou kry. Moses het die land gesien: die grond van Gilead af tot by Dan se land,