Deuteronomy 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat vir sy vader en sy moeder gesê het: Ek het hom nie gesien nie; en hy het sy broers nie geken nie en sy eie kinders nie geken nie, want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van sy pa en ma het hy gesê: ‘Ek het geen ontsag vir hulle nie.’ Sy broers het hy nie erken nie, en sy seuns nie as familie beskou nie. Maar die Leviete het u woord gehoorsaam en het u verbond bewaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou. |
| Afrikaans 1983 | Hy het van sy pa en ma gesê: ‘Ek hou nie rekening met hulle nie.’ Hy het sy broers nie erken nie, sy seuns nie as familie beskou nie. Die mense van Levi is gehoorsaam aan u bevele, hulle eerbiedig u verbond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hy wat oor sy vader en moeder gesê het, ‘Ek sien hulle nie raak nie’, wat sy broers nie erken het nie, en sy seuns nie in ag geneem het nie. Want hulle het u opdrag nagekom, en hou by u verbond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hulle ouers en hulle broers en hulle kinders gelos om te doen wat U sê en om gehoorsaam te wees aan u verbond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle het U nie in die steek gelaat nie. Hulle het alles gedoen wat U hulle beveel het. Hulle het u ooreenkoms met u volk veilig beskerm. Hulle was meer lojaal aan U as aan hulle ouers en hulle eie kinders. |