Deuteronomy 33:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van Levi het hy gesê: Laat jou Tummim en jou Urim wees met jou Heilige wat jy by Massa beproef het en met wie jy getwis het by die waters van Meriba;
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het die volgende oor die stam van Levi gesê: “Here, u Tummim en Urim is veilig by u getroue dienaar. By Massa het U hom op die proef gestel. By die Meribawaters het U met hom geworstel.
Afrikaans 1933/1953 En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van M,riba;
Afrikaans 1983 Oor Levi het Moses gesê: “U tummim en u urim is toevertrou aan u troue dienaar, U het hom by Massa op die proef gestel, U het 'n saak teen hom gehad by die Meribawaters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Levi het hy gesê: “U Tummim en Urim is bedoel vir u gunsgenoot vir wie U getoets het by Massa, met wie U stryd gevoer het by die water van Meriba;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het Moses oor Levi gesê: “Die mense wat in U glo, dra die urim en die tummim, U het hulle by Massa getoets, U het hulle by die water van Meriba beskuldig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe oor die stam van Levi gesê: “Here, Levi se mense werk in u huis. U het vir hulle die werk gegee om U elke dag te dien. Hulle is elke dag op hulle pos. U het by Massa gekyk of hulle getrou sal wees en U het by die Meribawaters ’n hofsaak teen hulle gevoer.