Deuteronomy 33:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is die seën van Juda: en hy het gesê: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk; laat sy hande vir hom genoeg wees; en wees vir hom 'n hulp van sy vyande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het die volgende oor die stam van Juda gesê: “Here, luister na die roepstem van Juda! Bring hom terug na sy volk toe. Gee hom krag om sy saak te verdedig, help hom teen sy vyande!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En d¡t vir Juda, en hy het gesê: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teëstanders. |
| Afrikaans 1983 | Oor Juda het Moses gesê: “Here, luister na Juda! Bring hom na sy volk toe; maak hom sterk, wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit het hy oor Juda gesê: “Luister, Here, na die stem van Juda; na sy volk moet U hom bring, met sy hande het hy vir homself gestry; wees vir hom 'n hulp teen sy teenstanders.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En dit het Moses oor Juda gesê: “Here, U moet doen wat Juda vra, U moet hom terugbring na sy mense toe, U moet hom sterk maak en hom help teen sy vyande.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe vir die stam van Juda gesê: “Here, hoor as Juda tot U roep in hulle nood en bring hulle terug sodat hulle deel van u volk sal wees. Maak hulle sterk sodat hulle hulle vyande sal oorwin.” |