Deuteronomy 33:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, hy het die mense liefgehad; al sy heiliges is in u hand, en hulle het aan u voete gaan sit; elkeen sal van u woorde ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het u volk lief, al u heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete en aanvaar u voorskrifte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges -- hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake. |
| Afrikaans 1983 | “U, Here, het u volk lief, al die heiliges is in u hand. Hulle sit aan u voete, elkeen luister na u woorde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ja, Hy het mense lief. Al die heiliges is in u hand, hulle volg U op die voet; elkeen het u uitsprake ontvang – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Waarlik, U is lief vir volke, almal wat gewy is aan U, behoort aan U. U leer vir hulle, hulle luister na wat U sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “U het gekom, Here, omdat U u volk liefhet. U hou die mense in u eie hand vas wat U vir Uself eenkant gesit het om U te dien. U beskerm hulle. Hierdie mense loop oral agter U aan. Hulle doen wat U vir hulle sê. |