Deuteronomy 33:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gelukkig is jy, o Israel, wie is soos jy, o volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp, en wie is die swaard van jou hoogheid! en jou vyande sal vir jou as leuenaars gevind word; en jy moet op hulle hoogtes trap.
Afrikaans (NLV) 2011 Geseënd is jy, Israel! Wie is nog soos jy, ’n volk deur die Here gered? Hy is die skild wat jou beskerm, jou magtige swaard! Jou vyande buig laag voor jou en op hulle offerplekke sal jy trap!”
Afrikaans 1933/1953 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Afrikaans 1983 Dit gaan goed met jou, Israel! Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee mag aan jou, jou vyande kruip voor jou, en jy sal oor hulle offerplekke stap.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gelukkig is jy, Israel! Wie is soos jy, 'n volk wat verlos is deur die Here, die skild wat jou help, en wat jou verhewe swaard is? Jou vyande kom kruipend na jou, en jy trap op hulle rûe. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Israel, jy is 'n gelukkige volk, watter ander volk is soos jy? Niemand. Die Here het jou gered, Hy beskerm jou soos 'n skild. Hy is soos 'n swaard wat jou laat wen, jou vyande sal kruip voor jou, en jy sal op hulle trap.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe het die Here jou nie voorspoedig gemaak nie, Israel! Watter ander volk is soos jy, ’n volk wat deur die Here gered is? Hy beskerm jou en Hy veg vir jou. Jou vyande buig laag voor jou. Hulle kruip voor jou. En jy trap op hulle.”