Deuteronomy 33:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Israel dan sal veilig woon alleen; die fontein van Jakob sal wees op 'n land van koring en wyn; ook sal sy hemel dou laat val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal Israel in veiligheid woon, en die voorspoedige Jakob in sekerheid, in ’n land van koring en wyn, waar dou van die hemel drup. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup. |
| Afrikaans 1983 | Daarom woon Israel rustig, woon die nasate van Jakob eenkant in 'n land van koring en wyn en drup die hemel dou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Israel het veilig gaan woon; die fontein van Jakob was afgesonder in 'n land met koring en •nuwe wyn, en sy hemel drup dou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Israel woon veilig, die nageslag van Jakob woon alleen in 'n land waar daar koring en wyn is, die dou drup ook daar uit die lug. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal Israel veilig wees. Die Here sal hulle beskerm. Hy sal hulle voorspoedig maak. Hy gee vir hulle ’n land wat volop graan en wyn het. Die grond word elke nag met dou natgemaak sodat dit vrugbaar is. |