Deuteronomy 33:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die ewige God is jou toevlug, en onder is die ewige arms; en Hy sal die vyand voor jou uit verdrywe; en sal sê: Verdelg hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Die ewige God is jou skuilplek en onder jou is sy ewige arms. Hy verdryf die vyand voor jou uit. Hy beveel: ‘Vernietig hulle!’
Afrikaans 1933/1953 Die ewige God is 'n woning, en onder -- ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!
Afrikaans 1983 Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: ‘Roei uit!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die God van die voortyd is 'n skuilplek, en onder jou is ewige arms. Hy het vyande voor jou verdryf en gesê, ‘Delg uit!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy is altyd God in die hemel, Hy dra sy volk altyd in sy arms en beskerm hulle. Hy het die vyande voor julle weggejaag en Hy het vir julle gesê julle moet die vyande doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy kan maar by Hom gaan wegkruip. Hy is die God wat verhewe is bo tyd. Hy hou sy arms onder jou en Hy hou jou regop, Israel. Hy roei jou vyande voor jou uit. Hy beveel jou: roei jou vyande volledig uit!