Deuteronomy 33:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is niemand soos die God van Jesurun nie, wat op die hemel ry in u hulp en in sy hoogheid op die hemel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daar is niemand soos die God van Israel nie. Hy ry deur die hemel om jou te help, oor die wolke in sy majesteit.
Afrikaans 1933/1953 Niemand is daar soos God, o Jesurun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.
Afrikaans 1983 “Jesurun, daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jesurun, daar is niemand soos God nie, wat as jou hulp deur die hemel ry, deur die wolkehemel in sy verhewenheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “ Jesurun, jou God is baie groot, daar is niemand soos Hy nie! Hy ry deur die lug om jou te kom help, Hy, die Koning, ry oor die wolke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daar is niemand soos die God van Israel nie! Hy kom van die hemel af waar Hy woon om jou te help as jy in die moeilikheid is. Hy is die Koning van die heelal. Hy ry op die wolke.