Deuteronomy 33:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van Aser het hy gesê: Laat Aser geseën word met kinders; laat hom welgevallig wees vir sy broers, en laat hom sy voet in olie doop.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die stam van Aser het Moses gesê: “Mag Aser bo ander seuns geseënd wees. Mag hy in die guns wees van sy broers, mag hy sy voete met olie was.
Afrikaans 1933/1953 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.
Afrikaans 1983 Oor Aser het Moses gesê: “Aser is meer geseënd as die ander seuns, hy is die gunsteling onder sy broers en hy sal sy voete met olie was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Aser het hy gesê: “Geseënd is Aser, meer as die ander seuns; mag hy die gunsteling van sy broers wees, sy voete in olie doop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het Moses oor Aser gesê: “Die Here sal vir Aser meer seën as die ander seuns, ek bid dat die ander broers lief sal wees vir hom, en dat hy so ryk sal wees dat hy sy voete in olyf-olie sal was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het oor die stam van Aser gesê: “Mag Aser voorspoediger wees as sy broers, die ander seuns van Jakob. Hy is die gunstelingseun van sy pa. Mag dit met hom goed gaan. Mag hy baie ryk word uit die olie wat in sy land voorkom.