Deuteronomy 33:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van Náftali het hy gesê: Naftali, versadig van guns en versadig van die seën van die HERE; neem die weste en die suide in besit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het die volgende oor die stam van Naftali gesê: “Naftali, jy is begunstig en vol van die seën van die Here. Jy sal die see en die suide besit.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En van N ftali het hy gesê: N ftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE -- neem jy see en suidland in besit! |
| Afrikaans 1983 | Oor Naftali het Moses gesê: “Naftali geniet baie guns, hy word ryklik geseën deur die Here en besit die see en die suide.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor Naftali het hy gesê: “Naftali is versadig van die Here se guns, en vol van sy seëninge. Neem dan die weste en die suide in besit.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het Moses oor Naftali gesê: “Die Here is goed vir Naftali, die Here seën hom, Naftali het die meer van Kinneret vir homself gevat, en ook die land suid van die see.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oor Naftali se stam het Moses gesê: “Naftali, jy geniet die allerbeste. Die Here het jou ryk gemaak. Jy is baie voorspoedig. Mag jou grense nog verder verskuif, mag jou land groter word na die westekant en die suidekant toe.” |