Deuteronomy 33:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die eerste deel vir homself voorsien, want daar, in 'n deel van die wetgewer, het hy gesit; en hy het gekom met die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE en sy oordele met Israel uitgevoer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die beste deel van die land vir hom gevat. ’n Leiersaandeel is aan hom toegewys. Toe die leiers van die volk byeenkom, het hy die wil van die Here uitgevoer, sy bepalings vir Israel gehoorsaam.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.
Afrikaans 1983 Gad het die beste vir hom gekies, want sy land is 'n uitsoekdeel, 'n terrasland. Gad het met die leiers van die volk gekom en die wil van die Here gedoen en saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vir homself die beste deel uitgesoek; ja, op daardie plek is die stuk grond van 'n bevelvoerder vir hom uitgehou toe hy na die leiers van die volk gekom het. Hy het die geregtigheid van die Here volbring, sy beslissings in verband met Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gad het die beste land vir homself gekies, hy het 'n koning se land gekry, Gad het die leiers van die volk gebring en hy het gedoen wat die Here wil hê, hy het gedoen wat die Here besluit het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Gad het die beste deel van die land vir hulleself uitgekies. Een van die beste dele van die land is vir hom gegee. Toe die leiers van die volk bymekaargekom het, was dit Gad wat gedoen het wat die Here van hom vra. Hy het reg gedoen.”