Deuteronomy 33:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van Gad het hy gesê: Geseënd is hy wat Gad vermeerder; hy woon soos 'n leeu en skeur die arm met die kroon van die kop.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het die volgende oor die stam van Gad gesê: “Geseënd is die een wat die grondgebied van Gad groter maak! Gad is daar soos ’n leeu, gereed om ’n arm of ’n kop af te skeur.
Afrikaans 1933/1953 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan lê soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.
Afrikaans 1983 Oor Gad het Moses gesê: “Geseënd is elkeen wat vir Gad woonplek gee. Hy lê soos 'n leeu, sterkes en leiers is sy prooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Gad het hy gesê: “Hy wat vir Gad ruimte maak, moet geprys word. Gad leef soos 'n leeuwyfie: Hy verskeur arm en skedel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het Moses oor Gad gesê: “Ek prys die Here, Hy het vir Gad 'n groot woonplek gegee, Gad is soos 'n leeu, hy byt en skeur sterk arms, hy slaan koppe stukkend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het oor die stam van Gad gesê: “Mag die Here die een wat Gad se grense verder skuif, voorspoedig maak! Gad sit reg soos ’n leeu net voor hy spring. Sy prooi is die sterk mense, die leiers van ander nasies.