Deuteronomy 33:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Die HERE het van Sinai af gekom en van Seïr af na hulle toe opgestaan; hy het geskyn van die berg Paran af, en hy het gekom met tienduisende heiliges; uit sy regterhand het 'n vuurwet vir hulle uitgegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here kom van Sinai en skyn oor ons vanaf Seïrberg. Hy skyn vanaf Paranberg en kom met tienduisende hemelwesens, met krygers aan sy regterkant. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Se‹r af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gesê: “Die Here kom van Sinai af, Hy laat van Seïr af sy lig oor sy volk skyn, laat dit deurbreek van Paranberg af. Hy kom van waar tienduisende hemelwesens woon, van waar hulle aan sy regterhand hulle plek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesê: “Van Sinai af het die Here gekom, van Seïr af het Hy vir Israel lig laat skyn, laat straal van die berg Paran af. By Hom was tienduisende heiliges; in sy regterhand was 'n wet van vuur vir hulle; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here het van Sinai-berg gekom, Hy het verskyn op die Seïr-berge, Hy het sy lig laat skyn van Paran-berg af. Hy het gekom van sy gewyde woonplek waar tienduisende engele woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here het uit die Sinaiwoestyn gekom en Hom aan ons bekendgemaak. Van die Seïrberge af het ons Hom sien nader kom. Toe Hy by Paranberg verbygaan, het ons die vuur in sy regterhand sien brand. Hy het gekom met tien duisende van die mense wat Hom dien. |