Deuteronomy 33:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal die volk na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid bring, want hulle sal suig van die oorvloed van die see en van skatte wat in die sand verborge is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy roep volke op na die berg om daar die regte offers te bring. Hy sal voordeel trek uit die rykdom van die see en die versteekte skatte van die sand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand. |
| Afrikaans 1983 | “Hulle twee nooi volke na die berg toe en offer daar die offers wat voorgeskryf is. Hulle twee geniet die oorvloed uit die see, die skatte wat deur die sand bedek word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal volke na die berg nooi; daar sal hulle gepaste offers bring, want hulle gaan die oorvloed van die see en die verborge skatte in die sand geniet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle roep die ander volke na die berg, en daar bring hulle die offers wat hulle moet bring. Hulle word ryk, want hulle kry baie dinge uit die see, hulle kry kosbare dinge onder die sand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie twee stamme nooi die mense om saam met hulle na die berg toe te gaan sodat hulle daar offers vir die Here kan bring. Die Here het bepaal watter offers ’n mens moet bring. Hulle bly langs die see, en die see maak hulle ryk, want daar is baie kosbare skatte in die see.” |