Deuteronomy 33:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van Sébulon het hy gesê: Wees bly, Sébulon, oor jou uittog; en Issaskar in jou tente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het die volgende gesê oor die stamme van Sebulon en Issaskar: “Mag Sebulon voorspoedig wees in al sy reise. Mag Issaskar voorspoedig wees in sy tente. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van S,bulon het hy gesê: Verheug jou, S,bulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente. |
| Afrikaans 1983 | Oor Sebulon het Moses gesê: “Jy moet bly wees, Sebulon, as jy op pad gaan; Issaskar, jy moet bly wees as jy by die huis bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor Sebulon het hy gesê: “Sebulon, wees bly wanneer jy uittrek om te veg, ook jy, Issaskar, in jou tente. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het Moses oor Sebulon gesê: “Sebulon, jy moet bly wees wanneer jy op die pad loop, en jy, Issaskar, jy moet bly wees wanneer jy in jou tente is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oor die stamme van Sebulon en Issaskar het Moses gesê: “Mag die mense van Sebulon voorspoedig wees as hulle buite die grense van hulle land rondtrek. En mag die mense van Issaskar voorspoedig wees as hulle by die huis is. |