Deuteronomy 33:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy heerlikheid is soos die eersgeborene van sy bul, en sy horings is soos die horings van eenhorings; daarmee sal Hy die mense saamstoot tot aan die eindes van die aarde; en hulle is die tienduisende van Efraim, en hulle is die duisende van Manasse.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef het die krag en die glorie van ’n jong bul, sy krag is soos die horings van ’n buffel. Hy sal veraf nasies gaffel, hulle verdryf tot aan die einde van die aarde. Dit is my seën vir die skares van Efraim, vir die duisende van Manasse.”
Afrikaans 1933/1953 Sy eersgebore stier -- heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tien duisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!
Afrikaans 1983 Hy sal trots wees soos 'n jong bul, so sterk soos 'n buffel. Hy sal volke met sy krag rondjaag, almal saam tot in die uithoeke van die aarde. Mag die tienduisende van Efraim so wees en ook die duisende van Manasse.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy eersgebore bul is statig; en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy volke saam wegstoot tot by die uithoeke van die aarde. Hulle is die tienduisende van Efraim, hulle is die duisende van Manasse.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Josef-stam is so sterk soos 'n jong bul, soos 'n oer-os met sy horings. Hy sal ander volke stoot en jaag tot ver op die aarde. Efraim het tienduisende soldate, en Manasse het duisende soldate.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josef is so sterk soos ’n jong bul. Hy loop trots rond, want hy is so sterk soos ’n buffel. Hy sal vreemde nasies wegjaag, en hulle sal vlug tot aan die eindes van die aarde. Dit is my wens vir die twee stamme van Josef, vir Efraim en Manasse.”