Deuteronomy 33:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En oor die kosbare dinge van die aarde en die volheid daarvan en vir die welbehae van hom wat in die bos woon: laat die seën kom op die hoof van Josef en op die top van die hoof van hom wat van sy broers geskei was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | met die beste gawes van die aarde en sy volheid, en die guns van die Een wat verskyn het in die brandende doringbos. Mag hierdie seëninge rus op die kop van Josef, op die kop van die prins onder sy broers. |
| Afrikaans 1933/1953 | en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het -- laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers. |
| Afrikaans 1983 | met die beste uit die aarde en wat daarop is en met die toegeneentheid van Hom wat woon in die doringbos. Mag dit alles op Josef kom, op hom wat heerser is oor sy broers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | met die kosbare gawes van die grond en alles daarop. Die guns van Hom wat in die doringstruik was – mag dit rus op die kop van Josef, op die hoof van die prins onder sy broers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal die beste kry van alles wat uit die aarde kom, alles wat daar is omdat die Here goed is vir Josef, die Here wat in 'n doringbos verskyn het. Ek bid dat Josef dit alles sal kry, Josef wat oor sy broers regeer het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mag die Here vir hom die beste gee wat uit die aarde kom. Mag die Here hom voorspoedig maak, die Here wat Hom daar in die doringbos aan Moses bekendgemaak het. Mag dit alles met Josef gebeur. Mag hy die regeerder oor Israel, sy broers, wees. |