Deuteronomy 33:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van Josef het hy gesê: Geseënd van die HERE sy land, oor die kosbare dinge van die hemel, oor die dou en oor die watervloed wat daaronder lê, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor die stam van Josef het Moses die volgende gesê: “Mag die Here sy grond seën met die gawe van reën van die hemel, met water van onder die aarde, |
| Afrikaans 1933/1953 | En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê, |
| Afrikaans 1983 | Oor Josef het Moses gesê: “Mag sy land deur die Here geseën word: met die beste uit die hemel, met dou en met die beste uit die water diep onder die grond, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor Josef het hy gesê: “Sy land word deur die Here geseën met die kosbaarste gawes van die hemelruim, met dou en die •oerwater wat onder lê; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit het Moses oor Josef gesê: “Die Here sal die land van Josef seën. Sy mense sal die beste kry van alles, die beste van die reën en die dou en die diep water daar onder. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe oor die stamme van Josef gepraat: “Mag die Here die land waar hierdie stamme bly, voorspoedig maak. Mag Hy op die regte tyd vir hulle reën stuur. Mag daar volop dou op hulle grond wees. En mag daar genoeg onderaardse water wees. |