Deuteronomy 33:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE sal veilig by hom woon; en die HERE sal hom die hele dag oordek, en hy sal tussen sy skouers woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die stam van Benjamin het Moses gesê: “Die Here het Benjamin lief en hy leef veilig by Hom. Hy omvou hom vir altyd en bewaar hom van elke kwaad.”
Afrikaans 1933/1953 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE -- hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.
Afrikaans 1983 Oor Benjamin het Moses gesê: “Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom, skuil altyd by Hom en leef onder sy beskerming.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Benjamin het hy gesê: “Die geliefde van die Here – mag dié veilig by Hom woon. Die Here beskut hom altyd waar hy tussen sy berghange woon.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het Moses oor Benjamin gesê: “Die Here is lief vir Benjamin, hy sal veilig woon, Die Here beskerm hom elke dag, en hy woon tussen die berge.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oor die stam van Benjamin het Moses gesê: “Die Here het die mense van Benjamin lief. En as die Here jou liefhet, is jy altyd veilig. Hy hou sy hand oor hierdie mense en Hy beskerm hulle sodat moeilikheid hulle nie kan onderkry nie. Hulle bly by Hom.”