Deuteronomy 33:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Loof, HERE, sy goed, en neem die werk van sy hande aan; slaan deur die lendene van die wat teen Hom opstaan en van die wat Hom haat, dat hulle nie weer opstaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Seën die Leviete, o Here, neem hulle werk aan. Verbrysel die heupe van hulle vyande, tref hulle teenstanders sodat hulle nie weer sal opstaan nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Seën, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Seën sy werk, Here! Aanvaar wat hy doen! Tref sy teenstanders waar hulle krag sit, tref sy haters sodat hulle nie weer opstaan nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Seën, Here, sy vermoë, en aanvaar die werk van sy hande. Verpletter die heupe van wie teen hom opstaan, van sy haters, sodat hulle nie staande kan bly nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet vir die Leviete baie krag gee en U moet dit goed laat gaan met alles wat hulle doen, U moet hulle vyande swak laat word, U moet die mense wat vir hulle haat, so hard slaan dat hulle nie kan opstaan nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak die kinders van Levi voorspoedig, Here. Aanvaar alles wat hulle doen. Vernietig hulle vyande. Slaan die mense wat hulle haat plat sodat hulle nie weer op hulle voete kan kom nie.” |