Deuteronomy 32:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe die Allerhoogste hulle erfdeel aan die nasies verdeel het, toe hy die seuns van Adam van mekaar geskei het, het hy die grense van die volk vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die Allerhoogste aan die nasies grondgebied toegeken het, het Hy die mensdom verdeel, en grense van volke bepaal volgens die aantal Israeliete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het, toe Hy die mense in volke opgedeel het, het Hy vir hulle hulle grense bepaal, soveel as wat daar Israeliete is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle erfenis gegee het, toe Hy mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van volke vasgelê volgens die getal van die kinders van Israel; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die Hoogste God vir die volke hulle lande gegee het, toe Hy gesê het dat die mense aan verskillende volke moet behoort, toe het Hy gesê waar die grense van die lande moet wees. Hy het gekyk hoeveel Israeliete daar is, en Hy het besluit hoeveel volke daar moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “God wat enigiets kan doen, het nasies in verskillende lande geplaas om daar te bly. Hy het mense in volke opgedeel. Hy het self die grense getrek van die lande waarin hulle moet bly. Net so het Hy ook die grense van die grondgebied van Israel bepaal. |