Deuteronomy 32:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dink aan die dae van ouds, let op die jare van baie geslagte; vra jou vader, en hy sal jou te kenne gee; jou oudstes, en hulle sal jou vertel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onthou die dae van ouds, dink terug aan die vorige geslagte. Vra jou pa uit en hy sal jou vertel. Vra vir die oumense en hulle sal jou vertel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê. |
| Afrikaans 1983 | Dink aan die dae lank verby, onthou die jare van die voorgeslagte. Vra jou pa dat hy jou vertel, jou oumense dat hulle jou dit sê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onthou die tye lank gelede, dink aan die jare van vorige geslagte; vra jou vader, hy sal jou inlig; jou ou mense, hulle sal dit vir jou sê: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet onthou hoe dit lank gelede was, julle moet dink aan die jare wat lank verby is. Julle moet vir julle ouers vra, sodat hulle vir julle kan vertel, julle moet vir die oumense vra, húlle sal vir julle sê hoe dit was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink ’n bietjie terug aan die pad wat God saam met jou geloop het. Onthou watter goeie dinge Hy vir Israel gedoen het. As jy nie kan onthou nie, vra die ou mense om vir jou te vertel. |