Deuteronomy 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vergeld julle die HERE so, o dwase en onverstandige volk? Is dit nie jou vader wat jou gekoop het nie? Het Hy jou nie gemaak en jou bevestig nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Is dit hoe julle die Here behandel, julle dom en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Het Hy jou nie gemaak en gevorm nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie? |
| Afrikaans 1983 | Doen julle dit die Here aan? Jy is 'n dwase volk, sonder verstand. Is die Here nie jou Vader, jou Skepper, nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is dit hoe julle teenoor die Here optree, dwase en onverstandige volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Hy is die Een wat jou gemaak het, wat jou gevestig het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle is dwase mense, julle het nie wysheid nie, is dit wat julle doen aan die Here? Hy is julle Vader, Hy het julle gemaak. Hy self het julle gemaak en Hy het vir julle die lewe gegee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Is dit die manier waarop julle nou vir die Here dankie sê ná alles wat Hy vir julle gedoen het? Julle is die domste klomp mense op aarde. Het julle dan g’n verstand nie? Is Hy nie die Vader wat jou gemaak het nie, Israel? Ja, Hy is jou Skepper. Jy is waar jy is omdat Hy jou tot hier gebring het. |