Deuteronomy 32:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy sal die land voor jou sien; maar jy mag nie daarheen gaan na die land wat Ek aan die kinders van Israel gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal dan die land regoor jou van ’n afstand af sien, maar jy self mag nie die land binnegaan wat Ek aan die volk Israel gee nie.”
Afrikaans 1933/1953 Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.
Afrikaans 1983 Jy sal die land wat Ek aan die Israeliete sal gee, regoor jou sien, maar jy sal daar nie binnegaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, jy sal die land van die oorkant af sien; maar daarheen, na die land wat Ek aan die Israeliete gaan gee, sal jy nie gaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, jy mag hier staan en jy mag na die land kyk, maar jy sal nie ingaan in die land wat Ek vir die Israeliete gee nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sal jy die land net op ’n afstand sien, die land wat Ek vir jou volk gaan gee. Maar jy mag nie self daar ingaan nie.”