Deuteronomy 32:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat julle teen My oortree het onder die kinders van Israel by die waters van Meriba-Kades, in die woestyn Sin; omdat julle My nie onder die kinders van Israel geheilig het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Beide van julle was ontrou aan My voor die oë van die Israeliete by die water van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn. Julle het nagelaat om my heiligheid onder die Israeliete te handhaaf. |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle was voor die oë van die Israeliete aan My ontrou by die waters van Meriba-Kades in die Sinwoestyn, want julle het My nie daar voor hulle oë as die Heilige geëer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat julle aan My ontrou was tussen die Israeliete by die water van Meriba-Kades in die Tsinwoestyn; want julle het daar tussen die Israeliete nie my heiligheid in ag geneem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal gebeur omdat julle altwee ontrou was aan My by die water van Meriba-Kades in die Sin-woestyn. Die Israeliete het dit gesien. Julle het nie vir die Israeliete gewys dat julle My eer omdat Ek die heilige God is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Albei van julle het van My af weggedraai en voor die Israeliete verkeerd opgetree toe julle vir hulle water uit die rots gegee het by Meriba-Kades in die Sinwoestyn. Julle het My nie gerespekteer met wat julle daar aangevang het nie. |