Deuteronomy 32:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sterf op die berg waarheen jy opklim, en word by jou volk versamel; soos jou broer Aäron op die berg Hor gesterf het en by sy volk versamel is.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal daar op die berg sterf en by jou voorouers aansluit, net soos jou broer Aäron op Horberg gesterf en by sy voorouers aangesluit het.
Afrikaans 1933/1953 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en word versamel by jou volksgenote, soos jou broer Aäron gesterf het op die berg Hor en versamel is by sy volksgenote,
Afrikaans 1983 Jy sal sterf op die berg waarop jy moet klim. So het jou broer Aäron gesterf op Horberg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sterf op die berg waarteen jy opklim en word so met jou mense verenig, net soos Aäron, jou broer, op die berg Hor gesterf en met sy mense verenig is,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet jy sterf op die berg waarteen jy opgegaan het, soos jou broer Aäron ook op Hor-berg gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy sal daar op die berg doodgaan. So het jou broer Aäron ook doodgegaan, op die Horberg.