Deuteronomy 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het hulleself verderf, hulle vlek is nie die vlek van sy kinders nie: hulle is 'n verkeerde en krom geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar hulle het teen Hom skandelik opgetree. Wie so maak, is hulle nog sy kinders? Hulle is ’n vals en verdraaide geslag.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het verderflik teen Hom gehandel -- die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek -- 'n verkeerde en verdraaide geslag.
Afrikaans 1983 “Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie geskik vir sy diens nie, vals en korrup.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sy volk het hulle teenoor Hom wangedra; hulle is nie sy kinders nie, maar 'n skandvlek, 'n vals en verworde geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar sy volk het ontrou geword aan Hom, hulle is nie meer sy kinders nie, hulle is onrein en vals, hulle kan net verkeerd doen, nie reg nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Israel het Hom al wie weet hoeveel maal in die steek gelaat. ’n Mens kan daarom vra: Is hulle nog regtig sy kinders? Kan Hy hulle nog enigsins gebruik om vir Hom iets te doen? Hulle is regtig ’n slegte spul mense, goed vir niks!