Deuteronomy 32:49 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Klim op hierdie berg Abarim, na die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor Jerigo lê; en kyk na die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab oorkant Jerigo. Kyk uit oor die land Kanaän, die land wat Ek aan die volk Israel gaan gee as hulle eie besitting. |
| Afrikaans 1933/1953 | Klim op hierdie gebergte Ab rim, die berg Nebo, wat in die land Moab is, wat teenoor J,rigo lê, en aanskou die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel as besitting sal gee; |
| Afrikaans 1983 | “Klim op Neboberg in die Abarimberge in Moab regoor Jerigo en bekyk Kanaän wat Ek vir die Israeliete as besitting sal gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Klim teen hierdie Abarimberge op, teen die berg Nebo, wat in die land Moab teenoor Jerigo lê. Kyk dan na die land Kanaän, wat Ek vir die Israeliete as besitting gaan gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet opgaan teen die Abarim-berge, teen die Nebo-berg in die land Moab oorkant Jerigo, en jy moet kyk na die land Kanaän wat Ek vir die Israeliete gee om aan hulle te behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan klim op die Neboberg. Hierdie berg is aan die oostekant van die Jordaan, oorkant Jerigo. Kyk goed na Kanaän. Dis die land wat Ek vir die volk Israel gee sodat hulle daarin kan bly en dit besit. |