Deuteronomy 32:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want dit is vir julle nie tevergeefs nie; want dit is julle lewe; en deur hierdie saak sal julle julle dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie bepalings is nie sommer net woorde nie — dit is julle lewe! Deur gehoorsaam daaraan te wees, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat julle met die oorsteek van die Jordaanrivier in besit sal neem.”
Afrikaans 1933/1953 Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe; en deur hierdie woord sal julle die dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
Afrikaans 1983 Dit is nie 'n geringe saak vir julle nie, dit is die lewe vir julle, en deur hierdie gebod te onderhou, sal julle julle verblyf verleng in die land wat julle in besit sal neem wanneer julle die Jordaan deurtrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want dit is nie 'n niksseggende saak vir julle nie, dit is immers julle lewe. Deur hierdie saak verleng julle die lewe op daardie grond waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want dit is belangrik vir julle, dit sal julle laat aanhou lewe en julle sal lank lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ek vir julle gesê het, is nie net praatjies nie. Nee, hierdie woorde bring lewe. As julle presies doen wat ek vir julle gesê het, sal julle lank leef en oud word in die land wat julle nou ingaan wanneer julle deur die Jordaan getrek het.”