Deuteronomy 32:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Rig julle harte op al die woorde wat ek vandag onder julle getuig, wat julle julle kinders sal beveel om te onderhou om te doen, al die woorde van hierdie wet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | het hy bygevoeg: “Neem al die woorde ter harte wat ek vandag aan julle gee. Dra dit ook oor aan julle kinders as ’n bevel sodat hulle elke woord van hierdie gebooie sal gehoorsaam. |
| Afrikaans 1933/1953 | sê hy vir hulle: Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou. |
| Afrikaans 1983 | het hy vir al die Israeliete gesê: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag vermaan het, ter harte. Julle moet julle kinders beveel om dit te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie hele wet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hy vir hulle gesê: “Neem al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, ter harte – dat julle dit aan julle kinders moet opdra om al die woorde van hierdie wet nougeset na te kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | het hy vir hulle gesê: “Julle moet alles goed onthou wat ek vandag vir julle gesê het. Julle moet vir julle kinders sê dat hulle alles moet doen wat hierdie wette sê, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hy vir die Israeliete gesê: “Julle moet mooi luister na wat ek vandag vir julle gesê het. Vertel ook vir julle kinders wat ek vandag vir julle gesê het. Leer hulle om dit te doen. |