Deuteronomy 32:44 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hoséa, die seun van Nun.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het saam met Josua, die seun van Nun, gekom en al die woorde van hierdie lied aan die volk oorgedra.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het gekom en al die woorde van hierdie lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hos,a, die seun van Nun.
Afrikaans 1983 Moses het nader gekom en hierdie hele lied aan die volk voorgehou. Josua seun van Nun was by hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So het Moses dan gekom en al die woorde van hierdie lied ten aanhore van die volk voorgedra, hy en Josua, die seun van Nun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gekom en hy het al die woorde van hierdie lied vir die volk gesê, hy en Hosea seun van Nun.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe hierdie lied vir die volk geleer. Josua, Nun se seun, het langs hom gestaan en hom gehelp.