Deuteronomy 32:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verbly julle, o nasies, met sy volk, want Hy sal die bloed van sy dienaars wreek en wraak uitoefen aan sy teëstanders en genadig wees teenoor sy land en sy volk.
Afrikaans (NLV) 2011 “Juig, alle nasies, oor sy volk, want Hy wreek die bloed van sy dienaars. Hy neem wraak op sy vyande en doen boete vir sy land en vir sy volk.”
Afrikaans 1933/1953 Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.
Afrikaans 1983 “Al julle nasies, julle moet die volk van die Here roem, want Hy wreek die bloed van sy dienaars, Hy straf sy teenstanders, Hy bring vrede tussen Hom en sy land, tussen Hom en sy volk.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Nasies, juig sy volk toe, want Hy gaan die bloed van sy diensknegte wreek; Hy gaan wraak neem op sy teenstanders en versoening doen vir sy grond, sy volk.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander volke moet die volk van die Here prys, want die Here sal almal straf wat sy dienaars doodgemaak het, Hy sal sy vyande straf oor wat hulle gedoen het, Hy sal versoening doen vir sy land en sy volk.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom moet almal wat in die hemel bly vrolik wees. Hulle moet feesvier en God aanbid. Al die mense wat die Here dien, moet ook vrolik wees. Want die Here maak dié mense dood wat sy kinders aangeval het en hulle skade berokken het. Hy maak al sy vyande dood. Hy maak sy land en sy mense skoon. Daar sal weer vrede wees tussen die Here en sy volk.”