Deuteronomy 32:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vleis eet; en dit met die bloed van die gesneuweldes en van die gevangenes, van die begin van die wraak op die vyand.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal my pyle deurdrenk met met bloed en my swaard sal vleis verslind: die bloed van dié wat geslag is, die gevangenes en die koppe van die leiers van die vyande.’
Afrikaans 1933/1953 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
Afrikaans 1983 My swaard sal dood saai; Ek sal my pyle deurweek met bloed: die bloed van gesneuweldes en gevangenes, die bloed van die vyand met die lang haarlokke.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan my pyle dronk maak van bloed – my swaard sal vleis verslind – van die bloed van gesneuweldes en gevangenes, van die vyand se leiers met die los hare. ” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer Ek my pyle skiet en met my swaard kap, dan sal daar baie bloed vloei. Baie mense sal gevangenes word en hulle sal sterf, en die leiers van die vyande sal ook sterf.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral waar Ek mense straf vir hulle slegte dade, sal daar net bloed wees. Ek maak almal dood wat Ek gevange geneem het. Ja, Ek maak ook die leiers van my vyande almal dood.