Deuteronomy 32:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As ek my glinsterende swaard slyp en my hand die oordeel aangryp; Ek sal wraak uitoefen aan my vyande en die wat My haat, vergeld.
Afrikaans (NLV) 2011 wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het en begin met die uitoefening van die reg, dan sal Ek wraak neem op my vyande en sal Ek terugbetaal dié wat My haat.
Afrikaans 1933/1953 as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde.
Afrikaans 1983 wanneer Ek my blink swaard skerp gemaak het, wanneer my hand dit gevat het om te oordeel, sal Ek my teenstanders straf en my haters vergeld vir wat hulle gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan my flitsende swaard skerp maak, en my hand sal dit vir die vonnis vasgryp. Ek gaan wraak neem op my teenstanders, my haters gaan Ek vergeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal my swaard skerpmaak en Ek sal dit styf vashou in my hand. Ek sal my vyande straf oor alles wat hulle gedoen het, Ek sal die mense straf wat My haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) dat Ek my vyande sal straf. Ek sal persoonlik ’n wapen vat en daardie mense bykom wat met hulle slegte dade My tart en beledig. Ek sal wraak neem op mense wat gedink het hulle hoef hulle nie aan My te steur nie.