Deuteronomy 32:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy is die Rots, sy werk is volmaak, want al sy weë is oordeel: 'n God van waarheid en sonder ongeregtigheid, regverdig en reg is Hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is die Rots; sy werk is volmaak. Alles wat Hy doen, is reg. Hy is ’n getroue God, sonder enige onreg. Hy is regverdig en betroubaar!
Afrikaans 1933/1953 Die Rots -- volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
Afrikaans 1983 Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die Rots! Volmaak is sy werk, ja, al sy paaie is 'n maatstaf. 'n Betroubare God, sonder onreg, regverdig en onkreukbaar is Hy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy is die Rots, sy werk is heeltemal reg, Hy doen altyd reg. Hy is 'n God wat altyd dieselfde bly, Hy doen niks verkeerd nie, Hy is regverdig en eerlik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy is die Rots waarop ons ons lewe bou, en ons is veilig omdat ons by Hom is. Alles wat Hy doen, is goed en reg. Hy tree altyd reg en goed teenoor almal op. Hy staan by ons, en Hy doen nooit iets verkeerds teenoor ons nie. Hy tree altyd reg teenoor ons op. Hy doen net goed aan ons. Julle kan maar op Hom vertrou!