Deuteronomy 32:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk nou dat ek dit is en dat daar geen god by my is nie. Ek maak dood en maak lewend; Ek wond en ek genees, en daar is niemand wat uit my hand kan red nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Besef dit nou: Ek, ja, Ek, is die Here! Daar is geen ander god as Ek nie. Ek is die Een wat doodmaak en wat lewe gee; Ek is die een wat verwond en gesond maak. Niemand kan uit my krag gered word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie. |
| Afrikaans 1983 | Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sien tog nou in dat Ek, ja, Ek die Een is; daar is geen god naas My nie. Ek maak dood en Ek maak lewend; Ek verpletter, ja, Ek maak gesond, en niemand red uit my hand nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nou weet: Dit is Ek, net Ek. Daar is nie nog 'n God nie, net Ek is God. Ek maak dood en Ek laat lewe, Ek maak siek en Ek maak gesond. Niemand kan my volk wegvat van My nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Julle moet dit goed besef: Ek is die Here. Ek alleen is die Here. Daar bestaan geen ander God nie. Ek besluit wie moet bly lewe en Ek besluit wie doodgemaak moet word. Dis Ek wat jou siek maak en dis Ek wat jou gesond maak. Niks en niemand kan jou uit my hand red nie. |