Deuteronomy 32:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het die vet van hulle slagoffers geëet en die wyn van hulle drankoffers gedrink? laat hulle opstaan en jou help en jou beskerming wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waar is daardie gode nou wat die vet van hulle offers geëet en die wyn van hulle drankoffers gedrink het? Laat daardie gode opstaan en jou help! Laat hulle aan jou skuiling gee! |
| Afrikaans 1933/1953 | wat die vet van hulle slagoffers geëet het, die wyn van hulle drankoffer gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, dat daar oor julle 'n beskerming kan wees! |
| Afrikaans 1983 | die gode deur wie die vet van hulle offers geëet is en die wyn van hulle drankoffers gedrink is? Laat hulle na vore kom en julle help, laat hulle vir julle 'n skuiling wees! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat die vet van hulle slagoffers geëet, en die wyn van hulle •drankoffers gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help, laat hulle oor julle 'n beskutting wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Waar is die gode wat die vet van julle offers eet en die wyn van julle drank-offers drink? Hulle moet nou begin om julle te help, hulle moet julle beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar is die afgode voor wie julle offers van vet gebrand het en vir wie julle wyn uitgestort het? Julle het mos gedink dis hulle wat goed aan julle doen! Laat julle gode nou opstaan en julle kom help! Ek gaan julle nou straf. Hardloop nou na julle afgode toe, dat hulle julle kan help as hulle kan! |