Deuteronomy 32:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die HERE sal sy volk oordeel en Hom oor sy dienaars bekeer as Hy sien dat hulle krag weg is, en daar is niemand wat opgesluit of oorgebly het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Want die Here sal sy volk oordeel en Hy sal van gedagte verander oor sy dienaars wanneer Hy sien dat hulle krag weg is en dat daar niemand oor is nie, nie slaaf of vryman nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
Afrikaans 1983 “Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee, dit is klaar met hulle almal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Maar die Here laat reg geskied aan sy volk, oor sy diensknegte ontferm Hy Hom, wanneer Hy sien dat hulle mag verdwyn het, en dat die einde aangebreek het vir wie gevange is en vir wie vrygelaat is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sal reg doen aan sy volk, Hy sal genadig wees vir sy dienaars wanneer Hy sien dat hulle swak is en dat min van hulle nog lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die Here sal sy volk bymekaarmaak om voor Hom te kom staan. Dan sal Hy as die groot Regter elkeen se hofsaak hanteer. Hy sal die mense wat reg voor Hom geleef het, onskuldig verklaar. Hy sal hierdie mense wat getrou aan Hom gebly het, beskerm.